27 dae gelede
Jong ou in kop gesteek
John-Ross Swanepoel (23)  ~ Foto Verskaf

MONTAGU. – ’n Jong man in die fleur van sy lewe is verlede Saterdag buitekant ’n nagklub hier in sy kop gesteek.

John-Ross Swanepoel (23) is na ’n hospitaal geneem waar die dokters om sy lewe geveg het.

Swanepoel se pa, Zhan, en sy vrou, Carolyn, het in die sosiale mediagesê John-Ross het sy stryd verloor.

Teater

Volgens Zhan het hulle familie besluit om John-Ross se organe te skenk omdat dit sy wens was om ander se lewe te red.

Zhan sê John-Ross is Maandagoggend teater­ toe geneem.

Sers. Suria Meyer, polisiewoordvoerder, bevestig ’n moordklag word ondersoek.

’n Verdagte (18) het Maandag in verband met die voorval in die plaaslike hof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters