28 dae gelede
Jong man sterf in motorongeluk
TONEEL: Die 25-jarige ou het beheer oor die kar verloor.  ~ Foto Verskaf

WORCESTER. – ’n Man (25) het sy lewe in ’n tragiese motorongeluk verloor.

Die tragedie het Sondagaand 23:15 op die pad tussen Robertson en Worcester gebeur.

Volgens kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, was die motorbestuurder en die insittendes op die Robertson-pad in die rigting van Worcester onderweg.

Van Wyk sê die gru-ongeluk het toe by die Nuyvallei-afrit plaasgevind.

Volgens Van Wyk wou die bestuurder ’n lorrie verbysteek toe hy beheer oor die kar verloor het.

Behandeling

Die 25-jarige man, wie se naam nie bekend gemaak is nie, is op die toneel dood verklaar.

Van Wyk sê die ander vyf passasiers het ernstige be­serings opgedoen en is na ’n hospitaal vervoer waar hulle vir hul beserings behandeling ontvang het.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters