18 dae gelede
Jong ma sterf wrede dood
moord
MOORD: Layla Darwish (35).  ~ verskaf

DIE pragtige Layla Darwish (35) se man het haar na bewering Donderdag keelaf gesny ten aanskoue van haar drie maande oue seuntjie.  

Darwish van Wellington was vir 13 jaar met haar Egiptiese man (37) getroud. 

Gemeenskapslede het Darwish, wat as 'n bestuurder by Shoprite gewerk het, as 'n lieflike mens beskryf wat nooit met hulle kon meng nie.

Hulle meen dis oor haar man te jaloers was en haar net vir homself wou hê. 

Donderdag was Lillianstraat se inwoners nie juis geskok toe hulle van die voorval te hore kom nie oor hulle telkemale gehoor het hoe sy aangerand word. 

Sy is Vrydagaand volgens die Moesliem-geloof begrawe. 

'n Woordvoerder van die polisie, kapt. FC van Wyk, het bevestig dat die Wellington-polisie 'n moordsaak ondersoek. Van Wyk sê die polisie is omstreeks 18:25 van die voorval in Lillianstraat in kennis gestel. 

Hy sê: "By hul aankoms het hulle 'n 35-jarige vrou met beserings aan haar bolyf aangetref.

Die polisie ondersoek die motief vir die voorval. 

"Die verdagte sal in die Wellington-landdroshof verskyn sodra hy aangekla is.”   

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters