10 dae gelede
Jade as sonskynkind onthou
jade
Jade Gouws se begrafnisbrief.  ~ Foto Verskaf

“VLIEG hoog Jade. Boeta belowe om mooi na jou mammie en broertjie te kyk.”

Dit is die woorde van een van die familielede van Jade Gouws, ’n gr.11 leerder wat verlede week dood is.  

Jade (17), wat na verneem word haar eie lewe geneem het, se begrafnisdiens is tans aan die gang by die Fairview-plaassaal in die Paarl.  

Jade is deur die meerderheid sprekers as ’n sonskynkind onthou.

“As sy van jou weggaan, het jy gehoor hoe raas die stilte. Ons almal weet Paarl was warm, maar Jade was aan die brand. Jy was stunning girl, soos jy baie keer in jou eie woorde gesê het.”

Roubeklaers het gehoor dat Jade van ’n jong ouderdom af op elke gebied uitgeblink het en dat sy op laerskool La Rochelle as hoofmeisie gedien het.

Sy is in Oktober gekies tot die VLR vir 2021.

“Haar skoolrok hang nog daar. Sy is nie meer daar om dit aan te trek nie,” het haar boeta emosioneel gesê.

Pastoor Adams het die woord in die kerk gebring. Hy sê die Gouws-familie het ’n wonderlike kind gehad.

“Jy kan net kyk na die skare wat vandag hier is. Die vrae wat julle nou het, sal net God kan antwoord.”

Jade sou volgende jaar haar matriek doen.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters