3 maande gelede
Inwoners pak vlamme self
ondersteun: Inwoners staan saam om ’n brandende shack te blus. Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

ROBERTSON. – ’n Klein gemeenskap van Nkqubela het Saterdag vinnig ingespring om te help toe ’n sinkhuis vlam gevat het.

Inwoners het met emmers water gekeer dat ander shacks ook aan die brand slaan.

Die voorval het Saterdag om en by 15:00 plaasgevind.

Volgens inwoners was daar twee minderjarige kinders in die huis toe dit skielik vlam gevat het.

Onwettige

Daar word vermoed dat ’n elektriese kortsluiting die brand veroorsaak het.

In die woongebied is daar baie onwettige kragverbindings.

’n Inwoner sê: “Gelukkig kon die kinders vinnig uit die huis ontsnap voordat hulle in die brandende huis vasgekeer kon word.”

Inwoners het self die brand onder beheer gebring. Die brandweer is nie ontbied nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters