3 maande gelede
Inwoners maak nou stem dik
vurig: Inwoners het Dinsdag betoog oor hul griewe. Foto: PETER LUITJIES  ~ 

TULBAGH. – Die andersins stil gemeenskap was Dinsdag in rep en roer toe inwoners hul stemme laat hoor het oor al die dinge wat hier volgens hulle verkeerd loop.

Die lys van klagtes sluit in dat hulle direk van Eskom krag wil koop.

Hulle kla ook oor beskikbaarheid van grond vir behuising, ’n mosie van wantroue in ’n raadslid en infrastruktuur wat uitmekaarval.

Humeure het buite opgevlam terwyl onderhandelinge aan die gang was tussen ’n afvaardiging van die gemeenskap en David Nasson (munisipale bestuurder) en Benito Klaasen (burgemeester).

Ooreengekom

Dié afvaardiging van die Witzenberg-munisipaliteit het voorgestel dat die inwoners hul memo verander sodat dit almal in Tulbagh insluit.

Ná die bespreking het Klaasen die inwoners toegespreek.

Hy het vir die inwoners gesê dat hulle die memo vandag in ontvangs sal neem.

Daar is ook ooreengekom dat die Witzenberg-munisipaliteit dit sal bespreek en binne twee dae aan die gemeenskap sal terugrapporteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters