5 maande gelede
Inwoners dakloos, brandweerbeamptes in hospitaal na brand
brandweer
Twee brandweerbeamptes is in die hospitaal opgeneem vir rook-inaseming, maar intussen ontslaan.  ~ Verskaf

Sowat 250 mense is sonder ‘n dak oor hul kop, na meer as 70 informele strukture in Mbekweni, in die Paarl afgebrand het.

In ‘n verklaring sê Conrad Poole, burgemeester, die munisipaliteit is besig om reëlings te tref vir alternatiewe en tydelike huise waar nodig.

Poole voeg by: “Twee brandweer beamptes is ook in die hospitaal opgeneem vir rook-inaseming, maar is intussen ontslaan.

Die oorsaak van die brand, wat kort voor middernag uitgebreek het, is nog onbekend.

“Drakenstein se wetstoepassingsbeamptes het vanoggend in die omgewing ‘n man ook geaarresteer wie besig was om kragkabels te steel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters