14 dae gelede
Iemand jokkies toe oor Bokkies se dood
GEVAARLIK: Die geweld in Kalbaskraal is ontstellend.  ~ FOTO VERSKAF

TASWILL Bokkies is springlewendig.

Son het Dinsdag berig oor inwoners van Kalbaskraal naby Malmesbury wat in vrees leef oor die geweld wat in hul dorpie uitgebreek het.

Die probleme het begin toe ’n local, Bokkies, op 31 Julie gesteek is. Bokkies is egter nie dood nie.

Son vra verskoning vir die fout.

Henry Haas, ’n gemeenskapsleier van Kalbaskraal, sê hulle probeer tans ’n middeweg kry om die huidige geweld stop te sit.

“Ons vermaan mense wat inligting aan die media gee, om seker te maak van hul feite,” sê Haas.

Netwerk

“Die polisie en die gemeenskap werk saam om probleme en dié soort terroristiese gedrag permanent uit die weg te ruim.”

Haas sê verder die gemeenskap leef in vrees oor retaliation-aanvalle.

“Ons is besig om ook met die provinsiale regering te netwerk om vir hulle hulp te kry.

“Hulle is reeds van die begin af hands on deck om te help met die probleem, maar dis net die gemeenskap wat homself kan red.”

Haas sê hier is skoolkinders betrokke en dit beïnvloed hul eksamens.

“My beroep aan ons in­woners en ouers is om op te staan en hierdie soort aksies en gedrag ten sterkste teen te staan. En dit beteken nie om die wet te oortree nie.”

Haas sê Kalbaskraal se sosio-ekonomiese omstandighede is aan flarde en daar is deesdae nie eens ’n gemeenskapsaal waar jy aan aktiwiteite kan deelneem en dalk skills development ontvang nie.

“Ons kort ten minste ’n mobile polisiestasie om die drie dorpe – Kalbaskraal, Chatsworth en Riverlands – te bedien.

“Malmesbury Saps het hul hande vol om effektiewe diens te lewer.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters