2 maande gelede
Hul geniet die winter
LEKKER! Hierdie sneeuliefhebbers het selfs hoendervlerkies in die sneeu gebraai.  ~ Anton le Roux

DIT lyk asof die reën en sneeu vir eers verby is en dit gaan selfs bietjie warmer word.

Maar volgens die Suid-Afrikaanse Weerburo gaan dit steeds in die noordweste van die Wes-Kaap koud bly. Ryp word nog op baie plekke verwag. In Kaapstad het die kwik die laaste twee dae tot 5 °?C en 6 °?C gedraal, maar vandag sal dit 10 °?C en môre 9 °?C wees.

Vandag en môre staan sake só: Vredendal 4 °?C en 9 °?C, Clanwilliam 3 °?C en 8 °?C, Hermanus 10 °?C en 12 °?C, Grabouw 3 °?C en 8 °?C, George 6 °?C en 9 °?C, Laingsburg 0 °?C en 6 °?C, Beaufort-Wes 0 °?C en 6 °?C, Oudtshoorn 0 °?C en 6 °?C en Ceres -1 °?C en 5 °?C.

Die sneeu het Dinsdag lekker dik in die Ceres-area gelê en duisende mense is soontoe om dit te gaan geniet.

Van die mense het ook sommer in die koue gebraai.

Gerrit Slingers van Ceres was mal genoeg om met ’n kaal bolyf in die yskoue sneeu te gaan lê.

“Dis lekker om in dié tye iets positiefs te doen. Al is dit net om mense ’n bietjie te laat lag,” sê Slingers.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters