Verlede jaar
Hoop vir haweloses
brEkfis: Gert Maasdorp en William Swart is haweloses aan wie kos geskenk word. Foto: BASIL DAvids  ~ 

ROBERTSON. – Haweloses wat daagliks hier skarrel vir iets om te eet, is nou darem soggens verseker van ’n kossie.

Dis omdat iemand wat elke dag sien hoe die hawe­loses in dromme snuffel vir iets te ete, tot hul redding gekom het.

Die weldoener, wat verkies om anoniem te bly, sê hy kan dit nie verdra dat mense so swaar in die lewe moet kry nie.

Werkies

Hy sê: “Ek kry dié mense baie jammer en het dit goedgedink om hulle elke oggend kos te gee.”

Hy bied hulle ook los werkies aan sodat hulle darem ook ’n geldjie in hul sak kan druk.

Die weldoener is egter ook op ’n sending om die haweloses die risiko’s van alkoholmisbruik uit te wys en aan hulle te verduidelik hoe dit hul gesondheid affekteer.

William Swart (55) sê hy het al baie van sy vriende weens alkoholmisbruik aan die dood afgestaan.

Swart sê: “Dis spirits se skuld dat hulle dood is.”

Gert Maasdorp (46) sê hulle is die weldoener ewig dankbaar daarvoor dat hy hulle kos gee.

Hulle het Son mooi beloof dat hulle met die geld wat hulle weekliks pay, kos en klere sal koop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters