Verlede maand
Hoof van cop shop sterwe af
Kapt. Fanie Majiedt  ~ Foto Verskaf

RIEBEEK-WES. – Die plaaslike stasiebevelvoerder het Sondag gesterf nadat hy twee weke in ’n Paarlse hospitaal was.

Kapt. Fanie Majiedt (57) Is aanvanklik opgeneem nadat hy ’n massiewe beroerte gehad het.

Majiedt het hom in 1984 by die polisiediens aangesluit. Hy het as student in Tulbagh begin.

In Oktober 2016 het hy die leisels oorgeneem as bevelvoerder van die polisiestasie.

Twee weke gelede is Covid-19 by Majiedt gediagnoseer, waarna hy toe die beroerte gehad het.

Hy laat sy vrou, Izolde, en twee kinders agter.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters