11 dae gelede
Hoë moet hof toe oor paving
Rdl. Petrus Heradien  ~ Foto Verskaf

DIE raadslid Petrus He­radien van die Witzenberg-munisipaliteit is weer in die sop.

Dié keer is Heradien (53), van Wolseley, aangekla van die diefstal van bakstene.

Hy moet op 10 Desember in die Tulbagh-landdroshof verskyn.

Die bewering en klagte waarvoor hy moet hof loop, is dat hy plaveistene gesteel het.

Die beweerde voorval ter sprake het verlede Donderdag in Tulbagh gebeur.

Die bewering is dat He­radien die bakstene by een van die paaie opgetel en vir eie gewin gebruik het.

Bakstene ter waarde van R2 000 het voete gekry.

David Nasson, munisipale bestuur by die Witzenberg-munisipaliteit, sê hulle is nie bewus van die voorval nie, maar die speaker van die raad sal die beweringe ondersoek.

Dit is nie die eerste keer dat die raadslid met die gereg bots nie. Heradien was in April vanjaar – gedurende die lockdown – in die sop toe hy na bewering agt van sy plaaswerkers vanaf Wolseley na hul huise in Calvinia vervoer het.

Billy Claasen van die Rural and Farmworkers Development Organisation het in Vanrhynsdorp ’n saak teen die raadslid geopen oor hy na bewering die reëls van die nasionale lockdown verbreek het.

Na verneem word, het die cops hom in Calvinia voorgekeer en Noord-Kaapse polisielede het hom weer tot in die Kaap begelei.

Hy het die werkers in Vanrhynsdorp afgelaai. Die plaaswerkers het die Rural and Farmworkers Development Organisation gekontak.

Die werkers is na die polisiestasie geneem.

Toe is hulle na Vredendal geneem. Daar is die werkers vir Covid-19 getoets en toe is hulle by ’n plek van veiligheid geakkommodeer.

Son kon Heradien nie bereik om kommentaar te lewer nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters