15 dae gelede
Hikers vind ou se lyk in plas bloed
crime scene
 ~ 

ROBERTSON. – Die cops ondersoek ’n saak waarin ’n onbekende man Vrydag op die Ashton-Robertson-pad dood aangetref is.

Die liggaam is tussen 07:00 en 08:00 gevind deur mense wat gehike het. Dit is ’n kort ent ná die Robertson-sirkel in die rigting van Ashton onder skadubome ontdek.

Volgens ’n ingeligte is dit in hierdie stadium onseker wat die oorsaak van die man se dood was.

Vuur

Son se informant sê die oorledene het in ’n plas bloed gelê toe die polisie op die toneel gekom het.

“Daar was dooie vuurkole en dit lyk asof die man by ’n vuur gesit het,” het die ingeligte gesê.

Die persoon het bygevoeg dat daar ’n klompie papiere met bloed aan gevind is.

  • Intussen het die Stad Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe meer as 56 000 boetes die naweek uitgereik.

Altesame 164 bestuurders is ook die naweek weens dronkbestuur gearresteer.

Verkeersdienste het 226 voertuie impound en 127 selfone van bestuurders afgevat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters