Verlede maand
Help polisie na vrou soek
Michelle Estran.
Die polisie is op soek na die 46-jarige Michelle Estran.  ~ SAPD

DIE polisie in Wellington soek die publiek se hulp om Michelle Estran op te spoor.

Kol. Andre Traut, polisiewoordvoerder, sê in 'n verklaring: "Estran (46) het versuim om, ingevolge 'n bevel van die Wes-Kaapse hooggeregshof, by die polisie aan te meld.

"Ons glo ook dat haar driejarige seuntjie saam met haar is."

'n Lasbrief is uitgereik vir haar arrestasie omdat sy 'n hofbevel, wat verband hou met 'n internasionale ontvoeringsaak, geminag het.

Enigeen met inligting oor waar Estran haarself mag bevind kan kol. Johan Barkhuizen kontak by 082 777 6380.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters