3 maande gelede
Haar voormalige werkgewer ontken
 ~ 

DIE Joannou’s se regsverteenwoordiger, Hermie Wentzel, sê sy kliënte het Nikoleta Balassis-Lucas in 2016 in diens geneem nadat sy haar lewe in Gauteng opgegee het omdat sy daar in ’n abusive verhouding was.

Wentzel voer aan Nikoleta en Jolin Lucas se verhouding het gemaak dat sy haar pligte versaak en ander werk­nemers by sy kliënte betrokke gemaak het deur onder andere haar medewerkers te beledig en te intimideer.

Hy sê dit het ’n nadelige invloed op hul werksaamhede en sy kliënt se besigheid gehad. In ’n lywige verklaring wat verskeie verklarings van huidige werknemers bevat, voer Wentzel aan: “Balassis is aangespreek en sy het die voorstel gemaak en met ons kliënt ooreengekom om te bedank.

“Die ooreenkoms is gemaak nadat ’n eksterne arbeidskonsultant aan­gestel is.

“Sy het ’n betaling van R41 855,41 ontvang ten einde haarself in staat te stel om haar te bevry van die misbruikende verhouding waarin sy haar weereens bevind. Dit was haar wens om Robertson te verlaat.”

Arbitrasie

Wentzel sê sy kliënte was verbaas toe hulle ná die ondertekening van die diensbeëindigende kontrak ’n kennisgewing om te rekonsilieer van die CCMA ontvang. “Vir die eerste keer was daar melding gemaak dat dit ’n afdanking was en dat dit gegrond was op diskriminasie.

“Die aangeleentheid is onopgelos omdat die beampte van die CCMA nie die bevoegdheid het om finaal oor die saak te beslis nie. Op grond hiervan is Balassis ook ingelig dat sy nie gaan slaag met arbitrasie nie en as sy die saak verder wil vat, moet sy haar wend na die arbeidshof.”

Wentzel verwys ook na ’n geval waar Lucas ’n ander werker geïntimideer en beledig het deur ’n WhatsApp-boodskap. Hy sê die belediging is ’n feit en die intimidasie net ’n bewering.

Wentzel het Son op Sondagook van ’n beëdigde verklaring voorsien waarin ’n wit meisie aanvoer dat sy voorheen in ’n verhouding met ’n bruin ou was en dat daar geen teenkanting van die Joannou’s was nie.

Hierop sê Nikoleta Balassis-Lucas: “Ek was in geen verhouding in Johannesburg nie, beslis nie ’n abusive een nie.”

’n Pick n Pay-woordvoerder, Janine Caradonna, sê Pick n Pay is teen enige vorm van diskriminasie.

“Ons beskou bewerings soos hierdie in ’n baie ernstige lig en is besig om dit deeglik te ondersoek. Ons moet daarop wys dat die betrokke franchisee die bewerings wat deur sy voormalige werknemer gemaak word, heftig ontken en contest haar claims.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters