13 dae gelede
Guard by tronk neem sy eie lewe
'n Bewaarder van die Allandale-gevangenis het sy eie lewe geneem.  ~ Peter Abrahams

PAARL. – ’n Bewaarder van die Allandale-gevangenis het gister by sy huis selfmoord gepleeg.

Die bewaarder het hom by sy huis gehang. Die huis is op die tronkperseel.

Hy was ’n landbou-toesighouer.

Die rede vir sy selfmoord is nog onbekend.

Mosele Sehloho, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het die voorval bevestig.

Hartseer

Sehloho sê: “Die bewaarder is Maandag laatmiddag in sy garage gevind, waar hy homself gehang het.

“Die polisie is ingeroep en ’n geregtelike doodsondersoek is geopen.”

Een van sy kollegas, wat verkies om anoniem te bly, sê: “Hy het ’n dom ding gedoen deur sy lewe te neem.

“Ons weet nie wat die rede is nie, maar ons is vreeslik hartseer.”

  • Die Allandale-gevangenis was die laaste tyd vir al die verkeerde redes in die media.

Son het verlede week berig oor ’n bewaarder wat na bewering die tronk se geld gesteel het.

Die betrokke bewaarder, wat aankope vir die tronkwinkel gedoen het, het glo persoonlike inkopies van duisende rande op die tronk se rekening gedoen.

Die bewaarder het na verneem word bedank en is strafregtelik aangekla.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters