21 dae gelede
Groep wil jeug inspireer
Public Health Entertainment
Dit is die cast van "Stage Door", 'n teater produksie wat die groep mee gehelp het.  ~ Verskaf

’N GROEP jongmense van die Paarl en Wellington-omgewing is besig met groot dinge om die jeug te inspireer en na verdere hoogtes te vat.

Hoewel die Covid19-pandemie die wêreld steeds in 'n wurggreep het, probeer die groep Public Health Entertainment steeds goed doen om jongmense te betrek.

Die groep is in 2017 gestig deur studente en leerders. Die lede wat deel is van die organisering is tussen 18 en 23 jaar oud.

Die groep is gestig om ’n platform te skep vir jong mense om hul talente te kan deel en betrokke te wees in die gemeenskap.

Hulle groep reël verskeie events en kompetisies en betrek inwoners van die local gemeenskappe.

Bradley November (23), ’n lid van die groep. sê hulle doel is om gemeenskappe te uplift en die jeug te inspireer.

“Ons wil ook vir mense wys die goeie goed waarmee ons jongmense besig is.”

Hulle ontvang geen befondsing en dryf die inisiatief uit hul eie sakke met borge hier en daar.

Die groep het ook ’n Facebook-blad waar hulle suksesstories en alle positiewe stories deel wat uit hul gemeenskappe kom.

Die onlangse event waarmee hulle besig was, was ’n Facebook-sangkompetisie genaamd Kan jy sing.

November sê hul volgende event. Kan jy Sing: A Women’s Worth gaan aanlyn aangebied word.

“Die kompetisie word in die gees van Vrouemaand aangebied en dis om te wys ons waardeer vroue," sê November.

Die finaliste van die Facebook-sangkompetisie gaan by die show optree.

Kaartjies sal binnekort op Quicket beskikbaar wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters