Verlede maand
Groep rand leerder (14) aan
SEER: Vennessa Johnson sê haar dogter wil nie meer saans alleen slaap nie en huil snags.  ~ Jonathan Lestrade

OM DIE slagoffer van ’n boelie te wees is iets wat jou lewenslank kan skend.

Die pyn in die oë van ’n gr. 8-leerder van Vooruitsig Primêr in Darling vertel baie oor die donker pad wat voorlê om oor die aaklige gebeure te kom.

Skoolgaan het nou Faith Johnson (14) se grootste vrees geword nadat ses gr. 6-leerders haar Maandag ná skool aangeval het. Sy het pas haar eerste eksamenvraestel afgelê toe die ses boelies haar ná skool konfronteer.

Haar mammie, Vennessa Johnson (48), vertel: “Ek was besig in die huis toe ek die lawaai buite hoor.

Gebrand

“Ek het uitgegaan en gesien hoe my dogter met haar maatjies aankom en sy (Faith) haar oë toe hou.”

Die ma sê sy moes met skok hoor hoe haar dogter aangerand is. Bossies hare is uit Faith se kopvel gepluk en sy is na bewering met sigarette in die gesig gebrand.

Volgens Johnson het sy nog nooit klagtes gekry oor haar kind – wat nuut in die skool is – wat slegte maniere het nie.

“Sy is ’n baie uitgesproke mens wat hou van babbel, maar sy sal nie ’n vlieg seermaak nie,” vertel die hartseer ma.

Nadat sy met hul huisdokter op die foon gesels en Faith se toestand verduidelik het, is sy aangeraai om die ambulans te bel en ook ’n J88-vorm by die polisie te kry.

Vennessa vertel by die Malmesbury-hospitaal het twee dokters haar ondersoek, want haar oë was baie geswel.

“Hulle het toe die Tygerberg-hospitaal gebel om haar vir ’n scan te vat omdat dit gelyk het of sy bloeding op die oog kan opdoen.”

AKSIE:Volgens die skoolhoof kan hy niks doen nie want die voorval het buite die skoolgronde plaasgevind.

Faith is Dinsdag na die Tygerberg-hospitaal oorgeplaas.

Volgens haar ma het die skoolhoof haar eers die volgende dag besoek en gesê hy kan niks doen ná die bakleiery nie omdat dit nie op die skoolperseel gebeur het nie.

Die gebroke Faith vertel dat ’n groepie leerders die oggend voor die eksamen na haar gekom en gevra het of sy Faith is, waarop sy gesê het dat dit sy is.

“Ek weet nie hoe om te voel nie, want alles voel te veel.”

Sy is bang om terug skool toe te gaan.

“Ek is verneder voor die helfte van die skool en sal gesien word as die meisie wat nie vir haarself kon opstaan nie,” vertel sy huilend.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, bevestig dat ’n saak van aanranding ondersoek word.

Volgens Van Wyk is geen arrestasies nog gemaak nie.

Intussen sê Millicent Merton, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, die leerder het geen klagte van afknouery by die hoof, adjunkhoof of klas­onderwyser aangemeld nie.

GEREGTIGHEID: Familie en vriende hou Donderdagoggend ’n silent protest voor die skool. Foto Verskaf

Vrek

Merton voeg by dat die hoof die dissiplinêre prosedure gevolg het en ’n kennisgewing is aan die betrokke ouers en leerders gestuur om ’n tugverhoor by te woon.

“Die skool het ’n beleid van geen verdraagsaamheid teenoor boelies nie,” voeg sy by.

Die mammie sê dat sy niks sou doen nie en wou net hê die skool moet die mediese koste dek. Toe sy egter stories hoor van die boelies wat sê hulle sal haar kind “vrek” maak, was sy baie ontsteld.

“Wat my die seerste maak, is dat hulle spog met wat hulle gedoen het.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters