14 dae gelede
Groep pak óns – suspect se pa
AANGEVAL: Ruben “Reus” Snyman beweer die groep laities het hulle met hierdie pangas aangeval.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – Die pa van die man wat vir die panga-moord op ’n jong man teregstaan, sê sy seun kan nie vir die moord verantwoordelik gehou word nie.

Son het verlede week berig oor die wrede panga- dood van Abrie van der Merwe (20). Sy gebroke ma, Pamela, het gesê dat sy niemand in haar hart dra vir haar seun se dood nie, sy soek net geregtigheid.

Gister het Ruben “Reus” Snyman sy kant van die storie vertel. Ruben sê alles het oor ’n 14-jarige meisiekind gegaan.

Anton Rooi, Ruben se close vriend, sê sy dogter het dié betrokke aand saam met haar vriendinne by sy huis in Peperbosstraat gekuier. Rooi sê langsaan by sy buurman het daar jong manne gekuier wat die 14-jarige girl genooi het om by hulle te kom kuier.

Rooi sê die kind het telkemaal geweier om saam met hulle te kuier.

En volgens Rooi het van die outjies toe bierbottels na sy dogter en haar tjommies gegooi.

“My meisiekind het toe hier na Ruben se huis gekom en gesê dat ek moet kom kyk wat by die huis aangaan. ”

Rooi sê toe hy by sy huis kom, was die ouens steeds besig om met die girl skoor te soek.

“Ek het mooi gevra dat hulle kalm moet bly, maar hulle het my toe begin tale gee,” sê hy.

Ingetrek

Snyman sê hy en sy seun het toe ook gaan kyk wat aangaan, en die ouens baie mooi gevra om kalm te bly.

Snyman sê toe hy in sy kar klim om weer terug huis toe te ry, het daar ’n kar voor sy kar ingetrek. Volgens Snyman het daar omtrent 10 van dieselfde outjies met pangas uit daai kar geklim.

Snyman sê hy en sy seun het toe uit hul kar geklim.

Hy sê dit was toe dat Abrie met ’n panga op hom afpyl en na hom kap.

“Ek het sy arm vasgegryp en omgedraai en die panga afgevat. Intussen het my seun ook kom keer.”

Volgens Snyman het een van die outjies toe weer met ’n panga na hom en sy seun geslaan.

Hy sê Abrie, wat in die middel was, is toe deur sy eie vriend oor die kop geslaan. Snyman sê daai ou het sy seun se kop ook raakgeslaan.

Snyman sê hy en sy gesin voel seergemaak dat hul seun nou as die moordenaar aangesien word. Die pa sê dat die reg sy gang moet gaan, maar hulle glo dat hul seun onskuldig is.

Die Snyman-egpaar erken dat hul seun tevore aan strafbare manslag skuldig bevind is en het twee maande buitestraf gekry. Die verdagte het gister in die hof verskyn vir ’n borgtogaansoek.

Van der Merwe se familielede het gister gesê hulle wil hulle nie oor die beweringe uitlaat nie. Sy suster, Romé, sê: “Ons was nie daardie aand op die toneel nie, so ons kan nie regtig sê wat gebeur het nie.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters