Verlede maand
Girl hang haar aan tou
HIERMEE: Oupa Willem en ouma Maria Fredericks trotseer die buitekamer waar hul kleinkind se lyk gehang het.  ~ Basil Davids

ASHTON. – ’n Matriekmeisie van die Oukamp-woonbuurt het haarself Woensdag omstreeks 18:30 vermoedelik gehang.

Kaylee-Ann Williams (18) se bitter hartseer en ontstelde mense wil weet hoekom, want sy het geen briefie agtergelaat nie.

Kaylee-Ann, ’n leerder aan die Hoërskool Ashton, het ook in geen selfoonboodskap verduidelik waarom sy dit wil doen nie.

Tragedie

Haar gebroke ouma Maria Fredericks het gister in trane gesê sy kan nie glo dat Kaylee-Ann so iets aan haarself gedoen het nie.

Al huilende het die ouma aan Son gesê: “Ek voel bitter en ek weet nie of die seer hier binne my ooit sal herstel nie.”

Maria se man, Willem, het haar onderskraag terwyl sy met moeite oor die tragedie gepraat het.

Willem het in ’n bewerige stem bygevoeg: “Ek kan die nie glo nie. Is dit die werklikheid?”

“Maar ek moet my regruk en verstaan die kind is nie meer hier nie.”

Maria sê sy het Kaylee-Ann al die jare grootgemaak, hoewel haar ouers ook saam met hulle gewoon het.

Die ouma sê: “Kaylee-Ann was ’n nederig kind wat so baie drome gekoester het.”

Maria sê Kaylee-Ann het nooit selfmoordneigings getoon nie.

Maar ’n niggie van Kaylee-Ann het haar ouma se gesprek gestop en gesê sy weet van ’n dag toe Kaylee-Ann ook probeer het om selfmoord te pleeg.

Die kind het vertel: “Kaylee-Ann het so ’n maand terug ook hier in dieselfde hok waarin sy haar gisteraand opgehang het, getry om gif te drink.

“Woensdagaand het ons nog na Bittersoet op TV gekyk, toe sê Kaylee-Ann: ‘Ek gaan myself doodmaak.’

Daarna is Kaylee-Ann na buite, het die niggie vertel, en sy het op en af in die pad geloop.

Oopgetrap

Toe dit laat word, het almal gevra waar Kaylee-Ann dan is, want hulle kon haar nêrens opspoor nie.

’n Laitie het toe later die buitehok se deur oopgetrap en gesien dat Kaylee-Ann aan ’n tou hang.

Die klonkie het ouma Maria toe gaan roep.

Willem het Kaylee-Ann se liggaam van die tou losgemaak en haar neergelê.

Daar word vermoed Kaylee-Ann het op ’n kruiwa geklim, die tou van ’n dakbalk om haar nek gebind en toe die kruiwa onder haar uit geskop.

Lede van die polisie se forensiese eenheid het Kaylee-Ann se liggaam ná die grusame ontdekking kom verwyder.

Kapt. Jeff Lakey, die stasiebevelvoerder, sê ’n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters