29 dae gelede
Gewilde joggie se stem stil
TOT SIENS: Andre Matthys (51) se dood maak baie mense hartseer.  ~ Foto Verskaf

ROBERTSON. – Dit gaan nie oor die verskriklike ghrênd job wat jy het nie, maar oor die impak wat jy in jou gemeenskap maak.

Só voel mense klaar die leemte aan nadat ’n geliefde petroljoggie se stem vir ewig stil is.

Andre Matthys (51) het Maandagoggend ná ’n kort siekte by sy huis in die Môreson-woonbuurt afgesterf.

Op social media het vriende en familie medelye gebring.

Baie klante wat by Matthys gaan petrol ingooi het, het hom as ’n vriendelike, nederige mens beskryf.

“Sy dood gaan beslis ’n groot leemte laat, want hy was passievol oor sy werk en hy was elke dag dieselfde mens,” het nog ’n boodskap gelees.

Glimlag

“Dis die man wat altyd ’n goeie woord vir ander gehad het.

“Rus sag – ons gaan jou baie mis, en veral daardie glimlag wat jy elke dag op jou gesig gehad het.”

Matthys se jare lange kollega Selvin Triem is baie hartseer.

Triem het Matthys as ’n ware kollega en ’n goeie vriend beskryf.

“Hy is so vinnig in die fleur van sy jare van ons weggeneem,” het Triem hartseer gesê.

Matthys se begrafnisdiens sal Saterdag 11:00 vanuit die VGK-gemeente te Loopstraat gehou word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters