29 dae gelede
Gesinne ly erg skade in brand
OP IN VLAMME: Nege huis­gesinne is dakloos gelaat ná die verwoestende brand.FOTO VERSKAF  ~ 

NEGE huisgesinne in Klein Nederburg in die Paarl het alles in ’n brand verloor.

Volgens ’n gemeenskapswerker is niemand beseer of dood nie.

Die vernietigende brand het Vrydag omstreeks 20:00 in Disastraat uitgebreek en het vier wendyhuise en vier flats in puin gelê.

Lucille Valentyn, ma van een van die brandslagoffers, sê hulle weet nie wat die brand veroorsaak het nie, maar die vlamme was geweldig hoog en het vinnig versprei.

Trauma

“Die mense het alles verloor. Daar is meestal kinders en hulle het ál hul skoolboeke en skoolklere verloor.

“Alles in die huise, soos die beddens en kaste, is vernietig.

“Daar is sowat 20 mense wat deur dié trauma is en die jongste kind is agt maande oud.

“Dis net deur die Here se genade dat niemand dood of beseer is nie.

“Ek het vir die mense gesê om saam te staan en alles te deel wat hulle kan.

“As ons net skenkings kan kry om te help, sal ons dit baie waardeer.”

Mense wat graag wil help met skenkings vir die slag­offers­ kan Lilanie Manuel by 078 580 7844 bel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters