3 maande gelede
Gesin verloor als in brand
als weg: Bonnie Cloete staan hier by die puin wat eers hulle woonplek was. Foto: KALLIE SMIT  ~ 

SARON. – ’n Swart Kersfees staar ’n gesin in die gesig nadat hulle blyplek afgebrand het.

Gelukkig was niemand in die sinkhokkie toe die brand uitbreek nie.

Geraldine “Bonnie” Cloete (40), haar man en sewe kinders het daar gebly.

Cloete sê haar 14-jarige dogter is Donderdag omstreeks 15:00 by die plek in toe sy opmerk ’n kombuiskas se laai is aan die brand. Sy het haar ma daarvan gaan vertel.

Cloete sê: “Ons het aanvanklik gedink die brand is dalk deur ’n elektriese fout veroorsaak.

“Ons kan nie verklaar hoe die laai aan die brand geraak het nie.

“Die bure het die brandweer ontbied en probeer om die vlamme te blus, maar dit was tevergeefs.”

Cloete sê toe die brandweer opdaag, was die plek reeds in ligte laaie en niks kon gered word nie. Die gesin het alles verloor en weet nou nie wat vir hulle voorlê nie.

Cloete se man en twee oudste seuns was by die werk toe die voorval gebeur het.

Van die plaaslike kerke het oor die naweek saamgestaan om te kyk hoe hulle die gesin se lot kan verlig.

Cloete sê sy is dankbaar vir almal wat kom help het en sodoende gesorg het dat die brand nie na die bure versprei nie.

Enige iemand wat die gesin wil bystaan of help om weer op hulle voete te kom, kan hulle kontak by 062 280 3824.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters