2 maande gelede
Gesin in rou oor 2 broers
oorlede: Hernandus (5) en Heydriano (6) Karelse is saam dood.FOTO VERSKAF  ~ 
droewig: Ouma Elizabeth Karelse (67) troos vir klein Mia (2).

MCGREGOR. – ’n Gesin se feestyd is nou ’n tragedie toe twee boeties verdrink het.

Die voorval het verlede Saterdag in ’n plaasdam plaasgevind.

Heydriano Karelse (6) en sy boetie, Hernandus (5), het saam met hul pa en nog familielede by die dam gaan piekniek hou.

Die broertjies se gebroke pa, Karel (38), het baie hartseer gesê dat hy homself verwyt oor sy twee klonkies se dood.

“Ons almal het nog heerlik­ saam by die dam gekuier en was vrolik,” vertel hy.

hartseer: Pa Karel Karelse met sy seuns se foto’s. Foto’s: BASIL DAVIDS

Volgens Karel was hy onbewus­ daarvan dat sy seuns na die water toe gestap het.

Karel sê toe hy en die ander mense besef dat die seuns nie meer saam met hulle is nie, het hulle bekommerd geraak.

Karel sê hy het dadelik na die dam gestap en ’n voorgevoel gehad dat alles nie pluis is nie.

Volgens hom was die tweetjies­ nêrens in sig nie.

“Ek het die ander­ familie geroep om te kom help soek.

oorlede: Hernandus (5) en Heydriano (6) Karelse is saam dood.FOTO VERSKAF

“Van hulle het in die dam geduik, maar kon hulle nie vind nie.”

Hulle toe die polisie gebel, wat byna onmiddellik op die toneel was.

Polisieduikers het binne ’n paar minute albei die klonkies­ se liggame uit die water gehaal.

Jonk

Karel vermoed Heydriano­ wou vir Hernandus­ help nadat die jonger seun in die moeilikheid beland het.

Volgens Karel moes die twee begin panic en toe onder­ die water verdwyn het.

Hul ouma, Elizabeth (67), wat daagliks ná skool na hulle omgesien het, het skaars woorde.

“Hulle was dan nog so bitter jonk en het mekaar baie lief gehad.

“Ek kan nie glo dat hulle nou vir ewig weg is nie,” sê die ouma hartseer.

Sy het by Son se besoek die seuns se niggie Mia (2) teen haar bors gedruk, terwyl die klein meisie aanhoudend snik.

Die broers was leerders aan die Laerskool McGregor.

Hulle is die afgelope Saterdag­ ter ruste gelê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters