9 dae gelede
Gerugte loop oor lyk in die dam
GEBROKE: Christine Ambrose sê haar seun sou nooit selfmoord pleeg nie.  ~ Basil Davids

ASHTON. – Stories loop nou rond dat die man wie se lyk in ’n plaaslike dam gevind is, selfmoord gepleeg het.

Maar Francois Ambrose (28) se familie sê hulle sluk swaar aan dié gerug.

Verbygangers het Ambrose se lyk Sondag in ’n dam gevind nadat hy die naweek met vriende op ’n plaas sou deurbring.

Ambrose was gelief en bekend in die gemeenskap en mense het hom altyd gesien rondstap met ’n Bybel onder sy arm.

Sy ma, Christine Ambrose (45), het gister aan Son gesê haar seun sou nooit selfmoord pleeg nie.

Volgens Chris­tine was Francois haar enigste kind, vir wie sy baie in die lewe gegee het.

Sy sê mense het groot respek vir Francois gehad.

Hy het veral jong mense met die Woord van God bemoedig.

Die hartseer mammie sê: “Hy het geen probleme gehad nie en sou homself nooit om die lewe bring nie.

“Ek het Vrydagaand bekommerd geraak toe hy nie huis toe kom nie en toe ek sy pa bel om te hoor of hy daar is, het hy gesê dat hulle Francois ’n week laas gesien het.”

Past. Frans Landsman, Francois se oupa, het nog aan Son vertel hoe hy sy preek Sondagoggend­ moes kortknip toe hy die boodskap kry dat sy kleinseun se lyk in ’n dam lê.

Christine sê toe sy Dinsdag Francois se liggaam gaan uitken, het sy ook merke aan sy gesig gesien.

Ondersoek

“Alles het toe net donker voor my geraak en ek kon nie verder na sy liggaam kyk,” vertel Christine in trane.

Die polisie ondersoek tans die voorval.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters