Verlede maand
Gemorste skiet man in die kop
21- jarige man doodgeskiet
21- jarige man doodgeskiet  ~ verskaf

COPS van Strand het ’n 21-jarige man gearresteer vir die moord op Grant de Lange.

De Lange is Sondag omstreeks 21:00 naby sy huis in Rusthof, Strand, dood toe gemorste hom in die kop geskiet het.

Die dood van De Lange het skokgolwe deur die plaaslike gemeenskap gestuur en verskeie gemeenskapsleiers het hul afkeur oor die gru-moord uitgespreek.

Die mense beskryf De Lange as iemand wat net sonskyn in die lewens van ander wou bring.

Verdagte

Hy was by ’n vriendin toe twee gangsters skiet-skiet in die straat af gehardloop het.

’n Skoot het De Lange in die kop getref en hy het op die toneel gesterf.

Volgens die polisie in die Strand ondersoek die eenheid teen bendes die saak. Die verdagte sal eersdaags in die hof verskyn.

Son het verneem dat die einste verdagte onlangs in die plaaslike streekshof op ’n klag van moord vrygespreek is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters