Verlede maand
Geliefde oud Mayor sterf
Herman Bailey
Herman Bailey  ~ Facebook

HULDEBLYKE stroom na die dood van die voormalige burgemeester van Drakenstein, Herman Bailey.

Dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van landbou, skryf op een Facebook post: "Nog 'n hartseer dag. Hy het diep spore getrap in Suid-Afrika." 

Danny de la Cruz, voormalige Speaker van die Stad Kaapstad, het ook sy medelye met Bailey se familie getuig. Hy voeg by: "Bailey was 'n dierbare kollega. Mag sy siel in vrede rus." 

Op Facebook skryf sy suster, Lynette Afrika: "My boeta woorde ontbreek, my hart is stukkend. Ons berus in God se werk. Jy het 'n vol lewe gehad." 

Athol Ontong skryf ook op Facebook: "Dit is met hartseer om te deel dat Herman Bailey senior vanoggend 00:30 oorlede is. Hy het tot op sy laaste dae gewerk om sy gemeenskap en land te verbeter. Hy het die lewens van so baie verander."

Teen druktyd het Drakenstein-munisipaliteit nog geen verklaring uitgereik nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters