12 dae gelede
Geen borgtog vir beskuldigde
ONDERSTEUN: Mense het in groot massas by die hof opgetrek.  ~ Basil Davids

WORCESTER. – Geen bail vir ’n moordenaar nie!

Só het hordes mense in hul swart gewaad geskree toe hulle na die plaaslike landdroshof opgeruk het.

Hulle eis dat die vermeende moordenaar Moegamat Fortuin (40), wat van die moord op sy eks-girlfriend Melvinia Adler (30) en haar klonkie, Jovante (10), aangekla word, borgtog geweier word.

Fortuin het na bewering twee weke gelede die twee wreed in hul huis vermoor.

Daar word beweer dat Fortuin hulle met ’n skroewedraaier gesteek en toe met ’n hamer doodgeslaan het.

Cindy Abdul, staatsaanklaer, het aan die hof gevra dat Fortuin nie eens in aanmerking vir ’n formele borgtogaansoek kom nie.

Abdul het voorgehou dat Fortuin reeds vir vorige veroordelings van ernstige aanranding in die tronk was.

Son het vroeër berig hoe Fortuin ook twee van sy ekse gelem het toe hy twee jaar gelede uit was op parool. Een van die girls sit vandag in ’n rolstoel.

Die gemoedere het gister buite die hof hoog geloop.

Mense, insluitend jong kinders, het met plakkate aan die optog deelgeneem.

Selfs die DA het in blou opgetrek om die mense te ondersteun. Sekere mense beweer die DA wil die shine kom vang en nou ’n politieke issue van die saak kom maak.

Hokgeslaan

Sharon Basson, ’n gemeenskapsleier, het die mense voor die hof onder streng polisiebewaking toegespreek.

Sy eis dat Fortuin se borgtogaansoek van die hand gewys word.

VERMOOR: Melvinia en Jovante Adler is doodgeslaan. Foto: Verskaf

Basson sê geweld teen vroue en kinders moet nou en vir ewig hokgeslaan word.

“Daar is hulp vir sulke tipe mense wat abuse word,” het Basson laat hoor.

’n Paar mans wat nie hul name wou noem nie, sê Fortuin­ moet maar eerder in die tronk bly.

“As hy borgtog kry, teken hy net so goed sy eie doodsertifikaat,” het een van die mans aan Son gesê.

Intussen rou die familie oor hul twee geliefdes.

Die familie smeek dat die doodstraf teruggebring­ moet word.

Fortuin is glad nie die kans gegun om vir bail aansoek te doen nie, aangesien hy sy borgtogvoorwaardes oortree het.

Hy is tans agter tralies.

’n Hofdatum vir sy next verskyning vir die moorde sal binnekort bekendgemaak word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters