Verlede maand
Geen bail vir twee broers
Owen Groenewald (31).
Owen Groenewald.  ~ Foto Verskaf

TWEE broers van Franschhoek wat Dinsdag op 'n klag van moord in die plaaslike landdroshof verskyn het is borgtog geweier.

Freddie en Adriaan Lufang word van die moord op Owen Groenewald aangekla.

'n Derde verdagte, Ian Oliphant, is borgtog van R500 toegestaan.

Groenewald is drie weke gelede, terwyl hy oppad was na 'n vriend, in Groendal doodgesteek.

Hy is na bewering deur 'n groep mans voorgekeur en toe hy weier om sy besittings af te gee gesteek. 

Die twee broers en Oliphant is kort na die voorval gearresteer.

Patrick Groenwald, Owen se pa, sê: "Daar het 'n onbekende persoon aan my deur kom klop en van die voorval vertel."

Hy sê met hul aankoms by Owen was sy seun reeds dood.

"Owen was 'n rustige seun, wie baie van sokker gehou het," beskryf Patrick sy seun.

“Hy het ook gehou van grappe maak.”

Terwyl die saak tot 10 Maart uitgestel is, soek die polisie intussen na nog twee verdagtes wie vanaf die toneel gevlug het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters