9 maande gelede
Gedreig val op dowe ore
BANG: Esmarelda Florus lewe in vrees oor die vermeende stalker nog nie vasgetrek is nie.  ~ Foto Verskaf

DIT wil voorkom asof Esmarelda Florus se lyk eers by haar huis moet uitgaan voordat die polisie gaan wakker skrik.

Son het vroeër dié week berig Florus (26) van Knysna beweer haar neef se vriend Dimitri Scholtz teister haar.

Volgens Florus het Scholtz ’n obsessie met haar ontwikkel toe hy vyf maande saam met haar neef by haar gewoon het.

Haar man, ’n boilermaker, werk in die Kaap.

Dis hoekom Florus haar neef gevra het om by haar te kom woon.

Volgens Florus het Scholtz haar erg getreiter en gedink sy behoort aan hom.

Sy beweer hy hou haar sommer tot ’n week lank in haar eie huis hostage.

Maar Scholtz spin weer sy eie storie.

Hy beweer hulle was in ’n verhouding en hy het Florus gereeld geseks.

Sy ontken dit ten sterkste.

Florus het Son genader omdat die polisie haar “in die steek gelaat het”.

Aangekla

Selfs nadat sy twee sake teen Scholtz gemaak het – een daarvan is vir ’n beskermingsbevel – is hy steeds nie formeel aangekla nie.

Sers. Chris Spies, ’n woordvoerder van die polisie, het teenoor Son bevestig hulle speurtak in Knysna ondersoek albei sake.

Spies sê: “Tot dusver is niemand nog formeel aangekla in verband met hierdie twee sake nie.”

Terselfdertyd, bevestig die polisiewoordvoerder, is daar ’n interne ondersoek aan die gang oor die diens wat Florus tot dusver van die polisie ontvang het.

Spies sê: “Die bestuur het reeds ’n interne ondersoek begin om die bewerings te ondersoek wat teen die polisie gemaak word.”

Nadat Son hieroor berig het, het Scholtz omtrent vir Florus gedreig.

Son is in besit van voice notes waarin Scholtz dreig om Florus dood te maak.

NIE AANGEKLA: Dimitri Scholtz loop steeds vry, al het Esmarelda Florus twee sake teen hom gemaak.

Volgens haar het die speurder haar Dinsdag gekontak en ingelig die een saak is voor­lopig teruggetrek.

Hieroor sê sy: “Dít is nou hoe ons regstelsel werk.

“Die klong dreig my lewe. Hulle het gehoor hoe dreig hy my lewe.

Verloor

“Hulle het gesê oor ons met mekaar kontak gehad het, moet hulle ons selfone konfiskeer en dit Kaap toe stuur.

“Hoe lank gaan dit nou vir hulle neem om die ondersoek te voltooi?

“ ’n Mens moet eers jou lewe verloor voordat die polisie enigiets aan die saak doen.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters