13 dae gelede
‘Gebed red my tikkop-kind’
Matric Certificate
'n Jong meisie wat deur tikhel is, wil haar matrieksertifikaat kry.  ~ foto ter illustrasie

MONTAGU. – Nie tik, drankmisbruik en selfs lyf verkoop kon haar keer om vanjaar in matriek te wees nie.

’n Jong meisie wat deur ’n dwelmhel is, het onlangs haar matriekafskeid gevier.

Haar mammie het ’n jaar ná haar geboorte gesterf.

Haar daddy het haar alleen grootgemaak. Hy sê hy is deur ’n vreeslike hel met sy kind toe sy ’n tiener word.

Die daddy verkies om persoonlike redes om nie hulle identiteit bekend te maak nie.

Tog spog hy vandag dat sy kind ná baie gebede uiteindelik dié mylpaal bereik het.

Traag

“Ek wou haar nie sê ek het Son genooi nie, want sy sou haar uit die kol gemaak het oor sy baie skaam is,” verduidelik die daddy.

Die meisie was eers traag om haar lewens­verhaal te deel, maar het toe ingestem.

Sy sê sy het as 10-jarige begin met dagga.

“Die vrinne wat ek daai tyd gehad het, was ouer as ek,” vertel sy koponderstebo.

Sy het later begin tik en vreeslik drank misbruik.

“Ek was elke dag op skool en niemand het uitgevind van my verkeerde goeters nie,” vertel die matrikulant skaam.

Sy sê sy het nooit ’n vak of graad gedruip nie, maar teen gr. 10 het die drugs haar lewe regeer.

“Ek het al hoe meer begin tik dat ek van myself af niks weet nie.”

Haar oë skiet vol trane toe sy vertel hoe sy haar lyf verkoop het vir die prys van ’n tik fix.

“My pa was nie juis bewus van my wat drugs gebruik nie.

“Maar hy het my daaroor gekonfronteer. Dan het ek soos ’n mal ding tekere gegaan en die huis behoorlik omgekeer,” vertel sy hartseer.

Volgens haar het sy begin skel op haar pa, wat ’n baie stil persoon is, en hom selfs aangerand vir drug-geld.

Deur die onderhoud hou die daddy sy enigste dogter se hand styf vas. Hy sê hy het baie vir haar gebid.

“My dogter het oor naweke na ’n inrigting gegaan en weer haarself begin raak.”

Volgens hom is sy vandag genees en sy het heerlik matric ball gehou.

Droom

Die meisie sê sy is nou so bly dat sy ná haar wilde lewe saam met haar goeie vriende matriekafskeid toe kon gaan.

Haar droom is om eendag ’n maatskaplike werker en motiveringspreker te word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters