Verlede maand
Geban na gym skommel-oefening
stellenbosch, virgin active
Van skommel oefeninge in die gym is die outjie geban van alle Virgin Active-takke.  ~ Verskaf

’N JONGMAN sal sy gym-oefeninge van die huis af moet doen ná hy van alle Virgin Active-takke verbied is.

Dit kom nadat 'n video versprei is waarin hy by een van hul gyms in Stellenbosch sit en skommel.

In die clip sit die jongman, geklee in rooi oefenklere, op ‘n oefenmat en staar na sy selfoon.

Sy ander hand is tussen bene binne sy kortbroek met duidelike bewegings sigbaar deur sy rooi kortbroek.

‘n Withanddoek hang oor sy liggaam en hy hou aan terwyl 'n man en vrou enkele treë van hom besig is om te oefen.

Die video is deur ‘n gym-lid gemaak.

Sedertdien het dit viral op sosiale media gegaan.

Carla White, woordvoerder van Virgin Active, het aan News24 bevestig die outjie is vir life geban.

“Virgin Active is bewus van die verspreiding van die video. Ons duld nie sulke gedrag by ons klubs nie.

“Ons het kort na ons die video ontvang het ‘n ondersoek gelas. Die lid in die video is geidentifiseer en sy lidmaatskap is met onmiddelike effek gekanselleer.” 

Dis nog onduidelik of sy daad enige kriminele gevolge sal hê.

Die oortreder se gesig word geblur in foto’s omdat sy ouderdom teen druktyd nog nie bevestig kon word nie. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters