15 dae gelede
Fokus op virus, nie my wang pleit man
los my uit: Sampie Stevens sê mense kyk hom aan asof hy ’n spook is. Foto: Basil Davids  ~ 

ROBERTSON. – Sy gumball laat baie mense se koppe draai.

Maar Sampie Stevens (45) sê mense moet hulle eerder oor die corona-pandemie bekommer en sy dik wang uitlos.

Stevens sê kanker is ’n maande gelede by hom gediagnoseer en hy weet nie hoeveel tyd hy nog op Moeder Aarde oor het nie.

Volgens Stevens het hy geen pyn nie, maar hy wil bitter graag die operasie om die kanker te verwyder agter die rug kry.

“Ek is elke keer te laat vir my trippie met die ambulans na die Tygerberg-hospitaal,” vertel Stevens.

Verslaap

Volgens hom was hy Vrydag weer laat.

“Ek het nou al vier keer vir my afspraak na Tygerberg verslaap,” het Stevens moedeloos vertel.

Stevens sê hy wil net hê die mense, veral die kinders, moet hom ophou aangluur asof hy ’n spook is.

“Ek wil net hê dat mense na hul eie lewe moet kyk en sien die corona-siekte is hier op ons. Mense het nog tyd vir los goeters in die samelewing,” het Stevens gesê.

Volgens hom het hy toe sommer onmiddellik nadat hy sy trippie verpas het, weer ’n afspraak by die hospitaal gemaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters