10 dae gelede
Families paap in karavaanpark
Drom saam: Lede van die polisie se eenheid vir openbare orde kom gisteroggend naby die New Orleans-karavaanpark bymekaar.  ~ Verskaf

GEEN uitsettingsbevel is verkry teen die gesinne wat die laaste jare in die New Orleans-karavaanpark woon nie.

Só sê die Drakenstein-munisipaliteit nadat beamptes van die polisie se eenheid vir openbare orde gisteroggend by dié karavaanpark in die Paarl-Oos byeengekom het.

Son het dié week berig die munisipaliteit het die sowat 50 gesinne wat die laaste paar jaar in tente en ander strukture in die karavaanpark woon, tot 22 September kans gegee om te skuif.

Die munisipaliteit het ’n ander area soortgelyk aan Blikkiesdorp in Delft vir dié mense voorberei as ’n alternatiewe blyplek.

Dit het gevolg nadat die inwoners in die omliggende buurt gekla het die waarde van hul eiendom­ het gedaal en misdaad het gestyg sedert die gesinne daar ingetrek het.

Die karavaanpark-inwoners het vroeër aangedui hulle sal net trek as hulle “ordentlike huise” kry.

Dit het gisteroggend eers gelyk asof die mense uitgesit sou word toe polisielede by die karavaanpark optrek.

AO Joseph Swartbooi, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig die cops het naby die karavaanpark byeengekom.

Hy sê verder: “Die doel was om die veiligheid van almal teenwoordig te verseker.

Operasies

“Ons bevestig dat die SAPD vir geen uitsetting verantwoordelik is nie.”

Gerald Esau, uitvoerende hoof van gemeenskapdienste, sê op sy beurt die cops het net daar saamgekom voordat hulle operasies elders in Paarl-Oos uitgevoer het.

Volgens hom die munisipaliteit geen uitsettingsbevel verkry teen die gesinne in die karavaanpark nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters