Verlede jaar
Familie kry man se lyk in dam
Sunday MangalisoFOTO VERSKAF  ~ 

DIE lyk van ’n vermiste man van Bredasdorp is Dinsdagoggend in ’n opgaardam gekry.

Sunday Mangaliso (45) was sedert 9 Januarie vermis.

Mangaliso se familie het na hom gesoek en hom Sondag as vermis by die polisie aangemeld.

Volgens Mangaliso se broer Andrew het hul ma op sy lyk in die opgaardam afgekom.

Andrew sê: “My ma is baie hartseer. Sy het inmekaar gesak en moes na die hospitaal geneem word.

“Ons het Sondag by die mense wat hom nog laas gesien het gaan navraag doen oor my broer.

“Hulle het ons verwys na die opgaardam waar hy nog laas gesien is.

“Ons het die polisie ingelig en hulle het gesê hulle het klaar daar gesoek.

“Ons het toe op ons eie daar gaan soek en op sy lyk afgekom.

Oorsaak

“Ons vermoed dat hy in die dam geval en verdrink het.”

Volgens sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, is die oorsaak van die man se dood nog on­bekend.

’n Nadoodse ondersoek sal uitgevoer word om die oorsaak van die man se dood te bepaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters