8 dae gelede
Ex-cop maak song oor hule diens
hier’s hy! Francois Vlok maak seker daar is ’n song vir Bloues. Foto: salmon smith  ~ 

’N GEWESE polisieman het besluit om ’n song te maak ter erkenning aan die manne en vroue in blou.

Francois Vlok, ’n sanger wat ook as “The Guitar Prophet” bekend staan, het die song “Me in Blue” spesifiek geskryf om sy waardering uit te spreek vir wat die cops in ons gemeenskappe beteken.

Die single is vandeesweek op Radio KC in die Paarl bekend gestel.

“Ek was ’n reservis en ook ’n CPO (community patrol officer) wat destyds in die Kaapse CBD diens gedoen het,” vertel Vlok.

“Ek het só my polisie-ondervinding opgedoen.

“Ek het baie bad dinge as ’n polisiebeampte deurgemaak. Jare nadat die CPO ontbind het, het ek gevoel ek moet dié song skryf.

“Ek moet vertel wat vandag se polisiebeamptes deurmaak. Hulle kan soms nie vir hulself praat nie.

“Daar word soms van hulle verwag om soos onderwysers, beraders of pastore op te tree.

Hande

“Ek probeer met die song sê dat die gemeenskap meer liefde en aanvaarding moet betoon teenoor die manne en vroue in blou.”

Dit is nie net vir SAPD-lede nie, maar vir ál die fasette van law enforcement.

Vlok het kitaar begin speel op die ouderdom van vyf, onder die vaardige hande van sy suster, Moreen.

En hy het al skouers met groot name in die musiekbedryf geskuur – mense soos Allou April, Billy Paulsen, Walter Brown en Ashley Pienaar.

  • Vir meer inligting, kontak Vlok gerus by 079 555 9475.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters