12 dae gelede
Engels is 'soos soetkoek'
EASY PEASY: Dié groep matrieks van die Hoërskool Langeberg sê die Engels-vraestel het geen pyne opgelewer nie.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – Soetkoek!

Dis hoe matrieks van die Hoërskool Langeberg die Engels-vraestel beskryf wat oor letterkunde gehandel het.

Volgens die matrieks was die vraestel baie maklik en almal – tot die matrikulante wat met Engels sukkel – sal dit beslis deurkom.

Die letterkunde wat die leerders behandel het, is Athol Fugard se toneelstuk My Children! My Africa! asook die kortverhaalbundel Changes.

Klasmaats

Caran Cupido (18) sê in die boek Changes het hulle ál die kortverhale bestudeer.

“Die vrae uit albei boeke kon ons baie maklik en betyds beantwoord, because ons onnie het ons goed op die eksamen voorberei,” vertel Caran opgewonde.

Clayton Diedericks (18) smile van oor tot oor.

“Ja, ek kan dit soetkoek noem, want ek en baie van my klasmaats was sommer baie goed voor­bereid op die vrae wat in die vraestel gevra is,” verduidelik Clayton.

Volgens die matrikulante lê daar nog vir hulle baie voorbereiding voor voordat hulle kan asem skep.

Keith Meyer berig die Rooitaal was ook toe heeltemal oukei vir die leerders van Ladismith Sekondêr.

Leerders was dit eens dat hul Engels-onnie, Bertie van As­wegen, sy renperde goed afgerig het.

Johaythan Moses sê: “Die Engels-vraestel was vandag heeltemal oukei.

“Die feit dat jy jou brein moet omskakel na Engels is maar ’n uit­daging vir ’n Afrikaanssprekende leerder.

“Maar buiten dit was ek heeltemal tevrede.”

Samanthia- Lee Carolus voeg by: “Die Engels-vraestel 2 was lekker.

“Al die werk wat ons deur die jaar behandel het, was in die vraestel.

“Ek is positief oor die resultaat wat ek in die vraestel gaan kry.

“En dit is alles te danke aan ons dinamiese mnr. Van Aswegen.

Dié mnr. Van Aswegen self het aan Son gesê hy was heeltemal tevrede met die inhoud van sy leerders se Engels-vraestel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters