23 dae gelede
‘Elke dag moet Vrouedag wees’
Tradisioneel: Al wat dié ladies soek is respek. Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

ASHTON. – Vrouemaand staan nou einde se kant toe.

Maar vir vroue in dié dorp is dit nog elke dag van hulle lewe Vrouedag.

Onlangs het vroue hier tradi­sionele drag aangetrek en veral mans bewus gemaak dat hulle vroue elke dag moet respekteer.

Dié vroue het dit goedgedink om die boodskap uit te dra dat dit nie net hierdie maand Vrouemaand is nie, maar dat vroue elke dag erkenning vir hulle bestaan moet kry.

Susan Mobo sê in hulle dorp is baie misdaad.

Volgens Mobo word veral vroue mishandel. Oor die jare is baie vroue ook al verkrag of vermoor.

Mobo sê hierdie soort misdaad moet onmiddellik hokgeslaan word.

“Ons as vroue is mos nie slaansakke nie. Ons bring kinders in die lewe en ons moet opgepas word,” het Mobo ernstig gesê.

Julian Lukas sê sy het aan die bewusmakingsprogram deelgeneem, aangesien sy ook in haar jonger lewe ernstige mishandeling moes verduur.

“Vir my is dit baie belangrik dat ons die boodskap uitdra,” het Lukas gesê.

Spesiaal

Volgens haar moet vroue nie net in Vrouemaand erkenning vir hulle deel aan die samelewing kry nie, dit moet elke dag geskied.

Volgens dié vroue sal hulle nog elke dag die boodskap versprei dat hulle baie spe­siaal is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters