6 maande gelede
Eiermoord: Ou 20 j. in tronk
oorsaak: Dis oor twee eiers dat ’n pa vermoor is. Foto: SAMEUL WALTERS  ~ 

HY GAAN nou 20 jaar mang oor ’n moord op sy pa nadat hulle gestry het oor twee hoendereiers.

Marthinus Sampson (25) is Vrydag in die Paarlse streekhof gestraf oor die moord op David Skippers in Maart 2015.

Sampson en Skippers het die betrokke dag pas teruggekom uit die dorp nadat hulle inkopies gedoen het.

Volgens oorle’ David se suster, Maria, het die pa en die seun die inkopiesakke begin uitpak.

Wynbottel

Sampson het toe twee hoendereiers gevat om te bak toe David hom vervies.

Dis toe dat die pa sy laitie met ’n wynbottel oor sy kop slaan.

Maria vertel ’n woordewisseling het gevolg.

“Uit die diepste hel het die twee op mekaar gevloek,” vertel sy.

Die fight is skellend na buite die huis gevat.

“Dis waar die klong ’n mes uitgepluk en sy pa vier keer gesteek het,” vertel sy.

Sers. Cornelius van Rooyen het getuig dit is een van die wreedste moorde in sy lang loopbaan wat hy aanskou en ondersoek het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters