Verlede maand
"Eienaar moet skuld kry vir 6 se dood"
touwrivier ongeluk
Ses mense het hul lewe in die ongeluk verloor. Foto: 1Way Towing  ~ 

DIE eienaar van die Buffelskraal-plaas moet in hegtenis geneem word vir die dood van die ses plaaswerkers wat Dinsdag in ‘n padongeluk dood is. 

Só meen die Commmercial, Stevedoring, Agriculture and Allied Workers Union(CSAAWU), wie hom vir die belange van plaaswerkers beywer.

Hulle uitroep kom enkele dae na ses mens van Touwsrivier op pad na hul werk op Buffelskraal-plaas in 'n ongeluk dood is.

Hanna Stouterd (54), Josephine Goliath (46), Beverley Jacobs (33), Petrus Abrahams (38), Marius Olivier (58) en Geraldine Lotriet (36) is almal op die toneel dood, toe die vragmotor waarin hulle plaas toe vervoer is in 'n trompop botsing betrokke was. 

"Die noodlottige ongeluk weerspieel weereens die careless attitude van kommersiële boere. Die manier hoe die plaaswerkers vervoer word - in ‘n oorvol vragmotor - wat alreeds 'n oortreding van die social distancing regulasie is.

"Dit is ook nie die eerste keer dat so 'n ongeluk waarin plaaswerkers omkom, plaasvind nie,” lui 'n persverklaring van die vakbond.  

CSAAWU sê hulle het voor die lockdown in werking getree het aan die plaasboere geskryf om te hoor watter maatreëls hulle in plek gesit het om die gesondheid en veiligheid van hul werkers te verseker.

“Net 'n paar het geantwoord."

Die vakbond noem dat niemand in hegtenis geneem is nie wys dat daar inconsistencies is wanneer dit by die "elite members" van die samelewing kom.

"Ons eis dat die plaaseienaar aangekla moet word en dat hy nie in die plaaslike landdroshof moet verskyn nie, omdat die hof al vantevore bias opgtree het met soortgelyke sake." 

Intussen stroom die medelye in vir die plaaswerkers se familie.

Die Agricultural Workers Empowerment Trade Union Council (AWETUC) sê die focus moet ook na die oorledenes se familie verskuif word.

"Ons verwag niks anders as finansiële ondersteuning van die plaasboer, die Wes-Kaapse regering en ander rolspelers in die landbou bedryf. Hulle het nou al die ondersteuning wat hulle kan kry."

AWETUC voeg by dat daar ook gekyk moet word na die vervoer vir plaaswerkers.

"Soos dit onwettig is vir mense om in karre sonder safety belts te ry, moet daar ook na plaaswerkers op oop trokke gekyk word." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters