16 dae gelede
Egpaar vas oor dade met girls
TOEGEKAP: Die paartjie is tans in aanhouding oor die walglike bewerings teen hulle.  ~ Foto Verskaf

HULLE het ’n jeuggroep gehad en ’n vroom gesig voorgehou – maar eintlik was hulle so reg uit die hel.

Só word daar in ’n Bolandse dorp na ’n egpaar (albei in hul 40’s) verwys nadat vieslike stories oor hulle uitgekom het.

Die man het na bewering tussen Krismis verlede jaar en 10 Januarie twee niggies (albei 14 jaar oud) vier keer verkrag – terwyl sy vrou toegekyk het.

Die man het die meisies na bewering op dieselfde tyd om die beurt verkrag. Die welsyn het die twee in hul pleegsorg geplaas.

Een van die meisies is die pleegma se susterskind.

Die man in wie se sorg die tieners tans in ’n ander dorp is, sê die een meisie is sy oom se dogter.

Die 43-jarige vertel: “My niggie het my Vrydagoggend gebel en gesê ek moet dringend kom.

“Toe ek daar kom, het die kinders my als vertel omdat hulle dit nie langer kon verduur nie.

“Hulle vertel toe dat die vrou en haar man eers in die kamer langs hulle s’n ’n gesprek gevoer het voordat hulle die kinders se kamer binnegekom het.

“Die vrou het toegekyk terwyl die kinders om die beurt verkrag is. Hulle is ook soms gedwing om wyn te drink voordat die dade gepleeg is en hulle is aangesê om nie te huil nie.

Vrygelaat

“Ek het toe ’n verklaring by die polisie gaan aflê en die polisie het die kinders uit die huis verwyder en die pleegouers gearresteer.

“Hulle is egter weer dieselfde aand vrygelaat, maar hulle is toe weer Sondag gearresteer.”

“Die twee kinders is nog erg getraumatiseerd, maar die welsyn het gereël dat hulle volgende week ’n sielkundige vir berading gaan sien.”

Geoffrey Ford, raadslid van wyk 31 by die Drakenstein-munisipaliteit, sê hy is geskok dat sulke gebeure in stilte in ’n klein dorpie plaasvind.

Ford sê: “Ons mense moet uitpraat oor die verkeerde dinge in ons gemeenskap.

“Ek was so geskok toe ek die nuus hoor dat ek nie kon slaap nie.

“Ek het die twee meisiekinders soms laataand by die mobile shop gesien en ek kon agterkom daar is fout, maar hulle wou nie praat as ek hulle gevra het of iets pla nie.”

Ford sê inwoners is erg omgekrap oor die gebeure.

Geregtigheid

Hy sê daar was selfs mense wat hom gebel het om te sê hulle gaan die pleegouers se huis afbrand.

Hy het hulle oorreed om dit nie te doen nie sodat geregtigheid vir die kinders in die hof kan geskied.

Die pleegouers het Dinsdag in die hof verskyn.

Hul saak is tot Maandag 15 Februarie uitgestel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters