11 dae gelede
Egpaar sterf in botsing
TONEEL: Twee mense is dood in die ongeluk.  ~ Foto Verskaf

ROBERTSON. – Twee mense is Woensdag in ’n tragiese ongeluk op die Robertson-Worcester-pad dood.

Die slagoffers se name is Marius en Beatrice du Plessis. Hul ouderdom is onbekend.

Son verneem dat die slagoffers die Light Centre-besigheid in die dorp bedryf het.

Son verneem ook dat die couple op pad terug uit Worcester was nadat hulle ’n hemp by ’n klerewinkel gaan omruil het.

Op pad terug word daar vermoed dat een van die karre, ’n Audi A6, se tyre gebars het.

Impak

Hulle het toe teen ’n staatsvoertuig gebots.

Die Du Plessis’s is op die toneel dood verklaar.

Die pa en seun wat in die staatsvoertuig in die rigting van Worcester onderweg was, se name en ouderdomme is onbekend.

Hulle is van Swellendam en het teerpale agterop die bakkie vervoer.

Met die geweldige impak het die teerpale deur die agterruit van die bakkie gebars en die mans het ernstige beserings opgedoen.

Hulle is na ’n hospitaal vervoer vir behandeling.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters