5 maande gelede
Eerste skooldag is vir baie 'n avontuur
opgewonde: Mamma Diana Arendse neem haar klong, Sharwan, skool toe. Foto’s: BASIL DAVIDS  ~ 

ROBERTSON. – Opgewonde en vol smiles.

Só het talle melktandjies gister die eerste keer skool toe gegaan.

By die Laerskool De Villiers het sowat 100 gr. R’e se mammies hulle ingeskryf.

Die leerders was opgewonde en kon skaars wag om hulle juffrou die eerste keer te ontmoet.

Deoline Mentza (5) en Jayden Vermeulen (5) was die early birds wat eerste by die skoolhek aangekom het.

Die twee tjommies het sommer groot planne vir hul toekoms.

Oorgehaal: Camey en mammie Melissa Human is vol smiles.

Hulle albei wil eendag onnies word.

Nog twee kleintjies was half ongeduldig. Hulle het hard gefluister dat hulle mammie eerder nie hul hand moes vashou nie oor hulle alleen saam met hul ander maatjies in die ry wil staan.

Volgens die onnies het alles gisteroggend klopdisselboom verloop toe die eerste skoolklok lui.

Die mammies kon nog vir ’n kort wyle by hulle kinders in die klaskamer deurbring, maar daarna was dit tyd om koebaai te sê.

Hier en daar het trane skielik vlak in van die ogies gelê, maar die onnies het die nuwe leerders drukkies gegee en hulle getroos.

Een mammie, Diana Joseph, sê haar klong, Sharwan (6), was die vorige aand so opgewonde hy kon skaars slaap.

Sharwan het nog aan sy mammie vasgeklou, maar toe sy juffrou hom kom vat, het hy tot by sy ogies gesmile.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters