5 dae gelede
Een vas vir boer se moord
Tool Wessels saam met sy dogter Annelie, sy vrou, Liezel, en sy dogter Jana.  ~ foto verskaf

DIE polisie het ‘n 19-jarige man gearresteer in verband met die moord op ‘n boer van Bonnievale en die ernstige aanranding van sy vrou tydens ‘n rooftog.

Lt. Kol. Andre Traut, ‘n polisiewoordvoerder, het aan News24 gesê die man word tans ondervra en sal in die hof verskyn sodra hy aangekla is.

Tool Wessels is Maandag vermoor en sy vrou Liezel is gesteek en met kookwater verbrand toe hulle deur vier mans aangeval is.

Traut sê een van die vuurwapens, ‘n .22-jaggeweer, wat in die voorval gesteel, is teruggekry.

Die ander verdagtes in die voorval word nog gesoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters