23 dae gelede
Een dood, vrou beseer toe trok hul tref
emergency vehicle lights
 ~ 

EEN persoon is dood en ’n ander krities toe hulle was deur 'n trok getref is.

Die ongeluk het Maandagmiddag by die kruising van die R101 en R44 in Klapmuts plaasgevind.

Russel Meiring, 'n woordvoerder vir ER24, sê: "Met die paramedics se aankoms op die toneel was een persoon onder die trok vasgekeer, terwyl 'n 58-jarige vrou voor in die trok was.

"Die persoon onder die trok het talle noodlottige beserings opgedoen en daar is niks meer wat die nooddienspersoneel kon doen nie."

Die vrou voor in die trok het ook talle beserings opgedoen en was in 'n kritieke toestand. 

Sy is op die toneel behandel, voor sy na Paarl-hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters