2 maande gelede
Dumpers se mik is maar rubbish
morsig: John May kan nie glo mense gooi vullis lángs ’n tiep nie. Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

ROBERTSON. – ’n Vullisdrom is mos daar vir rubbish – maar by dié vullishouer word die rommel wraggies reg langsaan gedump.

John May, ’n inwoner van Môreson, sê die ongewilde houer staan nou al ’n paar jaar in hulle buurt.

May moan dis mense van ander woonbuurte wat hulle gemors so oneerbiedig hier langs die houer kom wegsmyt.

Hy sê: “Hulle gooi nie eens hulle vullis binne in die drom nie. Lángsaan!”

Die stinkende hoop afval lê nou al van Krismis af daar soos ’n groot uitnodiging vir brommers en vlieë.

Hy sê 2019 was skaars ’n paar uur oud, toe ry mense klaar weer vullis aan om te dump en laat spat.

Hy sê dit worry hom dat kinders elke dag tussen die gemors kom speel.

Hy sê: “Hulle kan mos siek word.”

Nog ’n inwoner, Sandra Windvogel, woon enkele meters weg. Sy sê hulle Krismis-ete het sleg afgegaan met die stank op hul voorstoep.

Leegmaak

“Ek moes my voordeur en vensters toehou oor daai stank wat in ’n mens se neusgate opslaan,” vertel Windvogel.

Gister het May sommer self ingespring en die vullis in die bak gegooi.

Hy sê die man wat die houer weekliks leegmaak, is met verlof en hy hoop nou maar die ou kan nog dié week daar uitkom om hulle ellende te verlig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters