7 dae gelede
Drone wys alle skade
ontplof: Geboue is verwoes.FOTO VERSKAF  ~ 

FOOTAGE wat met ’n drone geneem is, wys die groot skade wat Woensdag aangerig is toe ’n gasontploffing Worcester tot in sy fondamente geskud het.

In die video kan ’n mens sien hoe geboue aan die brand slaan en rook in die lug opborrel.

Die ongeluk het 06:10 gebeur toe ’n lorrie wat gas vervoer het, in ’n lamppaal in reverse het.

Vier geboue is heeltemal verwoes en vyf ander gedeeltelik beskadig. Minstens drie mense is beseer, van wie twee brandbestryders is.

Ondersoek

Bennie Koch (63), ’n logistieke bestuurder van Môreson Grondverskuiwers, het verby die vragmotor gery toe dit ontplof het.

Hy het ernstige brandwonde opgedoen.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê Bike Boutique, ’n biltongwinkel en ’n gebou van die departement water en sanitasie is vernietig.

Die polisie sê ’n saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek. News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters