17 dae gelede
Drie tuimel met kar by pas af
Ongeluk
Drie mense is beseer toe die kar by die pas afgetuimel het.  ~ Facebook

DRIE mense is Sondag beseer toe hul motor die Bainskloofpas verlaat en 80 meter na onder getuimel het.

Twee passasiers kon daarin slaag om na bo te klim en na hulp te soek terwyl die 21-jarige bestuurder in die motor vasgekeer was. Die bestuurder het ernstige beserings opgedoen.

Drakenstein-munisipaliteit se brandweer, Drakenstein Farm Watch, die polisie van Wellington asook EMS-nooddienste het gehelp om die bestuurder na bo te bring.

Gerald Esau, uitvoerende direkteur van gemeenskapsdienste by Drakenstein-munisipaliteit, sê die twee passasiers het ligte beserings opgedoen en is na die hospitaal geneem. Die bestuurder is per helikoper weggeneem. 

Derrick Pekeur, Paarl se brandweerhoof, sê die twee passasiers is na die Ceres-hospitaal geneem, maar hulle weet nie nie waarheen die derde pasiënt met die Skymed-helikopter geneem is nie.

Die Wes-Kaapse verkeersdienste het nie kennis gedra van die ongeluk nie, maar het gesê hulle is besig om ondersoek in te stel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters