Verlede maand
Drie loop hof vir meisie (12) se verkragting
verkragting
MISDAAD: Drie in hof vir verkragting van 12-jarige meise.  ~ Foto Verskaf

TULBAGH. – Drie mans van die plaas Bergplaas buite dié dorp het Dinsdag in die plaaslike landdroshof op ’n klag van die verkragting van ’n 12-jarige meisie verskyn.

Die klagstaat lees dat die voorval op 25 September plaasgevind het.

Die kind het deur ’n bos geloop nadat haar ma haar gestuur het om aartappels te gaan koop toe die verdagtes haar na bewering voorgelê het. Hulle het haar na bewering in die bosse ingesleep en verkrag.

’n Vriendin (14) wat saam met die kind gestap het, het haar losgeruk en weggehardloop.

Sy het gaan hulp soek.

Roekelose

Die hofsaak teen die drie verdagtes is na die streekhof oorgeplaas vir pleitverrigtinge en verhoor.

  • In nog ’n hofsaak hier het ’n man van Ceres in die hof verskyn ná ’n tref-en-trap-ongeluk.

Jan du Toit (26) staan tereg vir ’n klag van roekelose bestuur en dronkbestuur.

Die saak is tot 2021 uitgestel. Hy het Cemielia Ross (31) van Tulbagh na bewering in Februarie in Voortrekkerstraat doodgery.

Sy en ’n vriendin was onderweg na Tulbagh en het by die motorhawe gestop om iets te koop. Die verdagte het homself later aan polisie oorgegee. Luidens die klagstaat het die beskuldigde ook ’n vriend se motor op 8 Mei 2018 sonder sy toestemming gevat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters