Verlede maand
Drie in 2020 voor vir moord
JOHAN KIESER Foto: FACEBOOK  ~ 

DIE saak waarin ’n sakeman man in 2015 met heroïen ingespuit en later lewend oor ’n krans naby Ceres afgegooi is, is tot Januarie 2020 uitgestel.

Die drie beskuldigdes in die saak van moord op Johan Kieser (65) van Moorreesburg is Linda Siebrits (42), Charise Doubell (36) en Hendrik Boonzaaier (34). Hulle staan ook tereg op klagte van poging tot moord, aggravated roof, roof, die besit van dwelmmiddels en dwars­boming van die gereg.

Siebrits en Doubell het na bewering as prostitute gewerk en Boonzaaier was glo hulle pimp.

Siebrits en Doubell het luidens berigte Kieser vroeg in Januarie 2015 by sy huis besoek en heroïen en tik gebruik.

Oordosis

Hulle het hom na bewering met heroïen ingespuit sodat hulle die PIN-nommers van sy bankkaarte kon kry om meer dwelms te koop.

Hulle het gedink hulle het hom ’n oordosis gegee en in sy motor Kaapstad toe gery om Boonzaaier te gaan haal.

Die bewering is dat die drie verdagtes Kieser van die Michell’s Pass naby Ceres afgegooi en daarna na Kaapstad teruggekeer het.

Hulle het toe geld uit sy bankrekeninge onttrek en die nag in ’n hotel deurgebring.

Luidens berigte het Siebrits haar die dag ná die moord aan die cops oorgegee en gaan uitwys waar Kieser se liggaam lê. Volgens die ondersoekbeampte het die nadoodse ondersoekverslag gewys Kieser het nog geleef toe hy van die krans afgegooi is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters